Verander na Afrikaans


Inputs

 

Dankie vir die geleentheid om vir ander te laat weet hoe moeilik en verkeerd dit is om jou land te verlaat.

Ons woon na 3 en 'n half jaar in Kanada. Ons verlang daagliks terug maar finansieel is dit baie moeilik en dis waar wat almal sê, as ek 'n werk kry is ek weg. Die ander probleem is my 14 en 19 jarige kinders. Hulle wil niks weet van terug gaan nie. Hulle het te gewoond geraak aan die vryheid en veiligheid hier.

Dit is verskriklik moeilik om aan te pas. My man is goed gekwalifiseerd en in SA hoef ek nie te gewerk het nie. Het 'n pragtige huis en kar gehad. Hier aangekom het ek Hotel kamers skoon gemaak en toilette gewas. Ons het ook in die nag 'n restaurant gaan skoon maak en daar vloere geskrop en toilette gewas. Niemand wou my aanvaar in 'n Sekretariële pos nie. Ek was vir 15 jaar 'n Sekretaresse in SA en 'n Sersant in die Lugmag. Hulle aanvaar nie my kwalifikasies nie en ek moet alles gaan oordoen. Ek het nog nooit die geld gehad om weer al my komper kursusse oor te gaan doen nie. Twee van my vriendinne is Onderwyseresse en hulle word nie aanvaar nie. Die een is nou terug SA toe. Baie verstaan ons nie altyd so lekker nie alhoewel ons perfekte Engels praat. Kla oor die aksent maar is mal daaroor. Ek het begin skool bus ry 3 ure per dag en vinnig geleer die Kanadese kinders het GEEN maniere nie. Hulle weier om jou te groet. Vloek jou en noem jou name. As gaste in jou huis, kom hulle in en groet jou nie. Ek het gedog dis net ander mense se kinders wat dagga rook en drugs gebruik, wat 'n groot skok toe my eie seun dit op 16 begin doen het. 99% kinders rook dagga en meeste ouers se dis net 'n fase wat hulle deur gaan. Drugs is REGTIG 'n groot probleem in Kanada. Die mense het ook die gewoonte om keel skoon te maak en dit in die straat te spoeg, tot party vrouens doen dit.

Ek bestuur nou Coach vir 'n toergroep. Ek werk tussen 12 en 16 ure skofte (50 tot 80 per week) en dit is wettig hier. Ek MOET werk anders kan ons nie eet of lewe nie. My man se salaris dek net die huis se goedjies en die kar. Ons betaal deur ons nekke vir versekering en nuwe drywers soos kinders betaal groot geld. Ons was gesien as NUWE drywers toe ons hier aangekom het en het $300 per maand betaal op 'n 10 jaar oue kar. Dis nou klein bietjie minder.

Ons kan ook net nie gewoond raak aan die weer nie. Jy is basie 8 maande van die jaar in die huis. Die somer was so matig dat ons nie eers kon swem nie. Dit reën baie en as dit sneeu gooi hulle sout op die paaie wat die sneeu smelt en almal ry met "wit" besmeerde karre rond in die winter. Glad nie goed op die karre nie want dit laat die karre roes.

Ons het oor gekom op werkpermitte en die kinders op studente permitte. My seun nou 19 en 'n half mag nie werk nie. Ons wag al 9 maande vir ons "backgroud check" van Binnelandse sake om ons "Permanent Recidency" te verkry sodat my seun mag werk. Hulle weier summier om hom 'n werk permit te geen en niemand wil hom invat sonder 'n wettige werk permit nie.

Ek het my suster 1 keer gesien van Julie 2003 en my ma was al hier by my. Dit is regtig baie moeilik om sommer net so uit jou bekende lewe weggeruk te word en in die vreemde te bly. Ons het baie vriende en familie van SA al af geraai om te immigreer want as ons kon het ons more terug gegaan.

Ja dit is en bly 'n groot vrees met al die geweld in die land en dit is hoogtyd dat hulle die onwettige immigrante uit SA skop want hulle is die groot probleem. Snaaks hoe maklik hulle in SA in kom in ons kan nie eers wettiglik in Kanada in kom sonder om duisende dollars te betaal nie. Dit kos ons tot op datum $16 000 (R95000) net vir ons papierwerk en dis nog nie die einde nie.

Al wat ek wil sê is dat mense moet dit baie mooi oorweeg voor hulle 'n skuif wil maak. Die gras is groener aan die ander kant omdat daar baie meer "mis" op die gras is.

Dis baie erg om so ver van jou mense te wees en nie te weet of jy hulle ooit weer sal sien nie. Ek en my man voel dat as iets met een van ons gebeur dat die ander een sal terug gaan SA toe. My suster se antwoord was, hoekom wag tot iets met een van julle gebeur voordat julle die besluit moet maak. Dis waar.

Die medies hier is baie, baie swak. Jy wag maande om 'n spesialis te sien en jy is gelukkig as jy 'n dokter kry. Mense wag tot 4 jaar op waglyste. Jy sukkel ook om medisyne te kry. Kan nie iets oor die toonbank by jou Apteker kry nie. My ma moes R650 betaal om 'n dokter te sien toe haar bloeddruk 180 was en nog R500 betaal vir 'n paar pilletjies. Niemand help jou gou-gou onder die tafel nie.

Hoop dat hierdie woorde woorde van wysheid aan ander mag wees.

Altyd, ONS VIR JOU SUID-AFRIKA!


Ek is 'n Suid-Afrikaaner en ek het pas getrou. Ek is baie gelukkig hier in Peru en dit is baie beter hier en minder korup en minder crime en boonop kan 'n mens tot laat in die aande rondloop. Ek sien geen toekoms in Suid-Afrika nie. Ek sukkel te veel om 'n werk te kry in Suid-Afrika en boonop is ek wit.


Dit is 'n nagmerrie om 'n huis te probeer kry in Nederland. Huur sowel as koop. Die Nederlandse manier van doen is bietjie raar wat dit alles betref, en boonop is die huurmark baie klein, ons soek nou al 7 maande na 'n huis om te huur en ek het in die 7 maande net 4 huise gesien. Die aanbod is byna niks, en al die wetgewing om huur maak dat baie min mense hulle huise verhuur. Koop is ook baie interessant - dit is duur en jy kry min vir jou geld, en die vorige eienaars vat alles van die ou huis - ligte, glas, plante uit die tuin, so as jy 'n huis gaan kyk is dit net 'n dop. Vir my was dit skokkend om te dink jy koop iets vir soveel geld en dit is totaal onbewoonbaar, jy moet nog so 30 000 euro uithaal om dit eenvoudig woonbaar te maak. Vloerplanke in te sit ens. Ek het een huis in Rotterdam gesien waar die mense wat verkoop het selfs tot die gras in die tuin weggevat het. Ek het geen idee wat hulle met die goed doen nie, maar hulle verwyder dit liewers as om vir die volgende ou te los. Baie, baie vreemd! Ons wou in 2002 koop maar die banke wou dit nie toelaat nie omdat ons nog nie permanente verblyf gehad het nie - hulle wou eers 'n baie groot kontantdeposito sien en ons het geweier. Dus het ons dit gelos. Maar ek is lekker reg vir my eie plek nou waar ek die mure rooi kan verf as ek wil, so ek hoop dit werk gou uit.


There is no way I will ever come back. SA turned its back on me when I needed a job and the UK offered me the job. I've had the same job for 4 years and now I'm off to New Zealand.